# Tien Palestyne, waaronder ses kinders, is gister dood in ʼn missielaanval op ʼn waterstasie in Sentraal-Gaza. Sestien mense is beseer. Die Israelse Weermag sê die teiken was ʼn Islamitiese Djihad-militant, maar ʼn tegniese fout het veroorsaak dat die missiel tientalle meter van die teiken land. Hy sê die voorval word ondersoek, en voeg by alles moontlik word gedoen om skade aan gewone burgers so ver moontlik te beperk. In ʼn aparte lugaanval gister is ʼn huis getref en nege mense is dood.
Israelse lugaanval eis tien lewens by waterstasie in Gaza