# Israel het Donderdag internasionale veroordeling en protes in die gesig gestaan nadat sy weermag feitlik al 40 bote in ‘n flottielje met hulp aan Gaza onderskep en meer as 450 oorsese aktiviste gevange geneem het. Onder hulle is die Sweedse kampvegter Greta Thunberg. Lewendige uitsendings van die bote af het gewys hoe Isrealiese soldate met kopskerms en nagvisiebrille, op die skepe klim terwyl die passasiers in lewensreddingsbaadjies en hande omhoog saamgedrom het. President Cyril Ramaphosa het Israel intussen versoek om die ses Suid-Afrikaners en andere wat ook ontvoer is, vry te laat.