# Italië en Spanje het uitgevaar nadat skote gevuur is op diplomate wat die brandpuntstad Jenin aan die Wesoewer besoek het. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, het Israel versoek om ondersoek in te stel en diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou. Die Israelse Weermag sê soldate het waarskuwingskote afgevuur nadat die diplomate tydens ‘n besoek aan die stad van ‘n goedgekeurde roete afgewyk het. Hy sê geen beserings is aangemeld nie en die Weermag betreur die ongerief wat veroorsaak is.
Israel vuur waarskuwingskote na diplomate wat die Wesoewer besoek