Skip to content

Israel voer aanvalle uit op Iran se missielvervaardigings-aanlegte

# Die Israelse Weermag sê hy het oornag ‘n nuwe vlaag aanvalle uitgevoer op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte. Van die geriewe wat geteiken is, is ‘n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, ‘n uraanverrykings-aanleg en ‘n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Die Israelse Weermag sê hy is vas oortuig dat die Iranse regime uraan verryk vir die ontwikkeling van kernwapens.