Skip to content

Israel verwerp vrylating van gewildste Palestynse leier in aanhouding

# Die gewilde Palestynse leier, Marwan Barghouti, en waarskynlik die belangrikste persoon om eenheid te bring, is nie een die gevangenes wat Israel beplan om as deel van sy wapenstilstandooreenkoms met Hamas, in ruil vir gyselaars vry te laat nie. Die 66-jarige is die leier van Hamas se belangrikste politieke mededinger, Fatah, en word beskou as ‘n moontlike opvolger vir president Mahmoud Abbas, wat die Palestynse Owerheid in die Wesoewer bestuur. ‘n Senior amptenaar, Mousa Abu Marzouk, het aan Al Jazeera gesê Hamas dring aan op Barghouti se vrylating, maar Israel beskou hom as ‘n terroris.