Skip to content

Israel verskerp sy militêre opbou om Gaza Stad oor te neem

# Israel het sy militêre opbou verskerp met reserviste wat reageer op oproepbevele voor ‘n beplande offensief om Gaza-stad te verower, byna twee jaar na die begin van die verwoestende oorlog. Ondanks toenemende druk tuis en in die buiteland om sy veldtog in die Palestynse gebied te beëindig, maak Israel gereed om Gaza se grootste stad oor te neem. Hy het bomaanvalle verskerp en tree die afgelope dae in die buitewyke op. Die weermag sê in ‘n verklaring hulle het die afgelope dae logistieke en operasionele voorbereidings uitgevoer voor uitgebreide gevegsoperasies en die grootskaalse mobilisering van reserviste.