Skip to content

Israel verskerp Gaza-bomaanvalle terwyl Trump Midde-Ooste besoek

# Gesondheidsowerhede in Gaza sê ten minste 70 Palestyne is gister dood in Israeliese militêre aanvalle toe bomaanvalle verskerp is terwyl die Amerikaanse president Donald Trump die Midde-Ooste besoek. Reuters haal mediese personeel aan wat sê die meeste van die slagoffers, insluitend vroue en kinders, is dood in ‘n stortvloed Israeliese lugaanvalle op huise in die Jabalia-gebied in die noorde. Die ministerie van Gesondheid sê in ‘n verklaring van die slagoffers was onder paaie en puin vasgekeer waar reddings- en burgerlike noodspanne hulle nie kon bereik nie.