Skip to content

Israel val Beirut eerste keer sedert skietstilstand aan met top Hezbollah-aanvoerder as teiken

# Israelse magte het Beiroet se suidelike voorstad bombardeer in die eerste aanval op die Libanese hoofstad sedert die begin van Amerika se skietstilstand met die gewapende groep Hezbolla verlede maand. Eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy het die aanval, wat die bevelvoerder van die elite Radwan-mag in die visier gehad het, self goedgekeur. Hy sê die Radwan-terroriste val Israelse nedersettings aan en beseer soldate. Netanyahu het bygevoeg Israel se lang arm sal elke vyand en moordenaar bykom. Israelse aanvalle in Libanon het sedert 2 Maart twee-duisend-700 mense gedood.