# Die Israelse weermag sê hulle het senior Hamas-leiers geteiken, nadat AFP-joernaliste in Doha berig het daar is ontploffings en rook wat oor die Katarse hoofstad in die lug hang, waar die politieke kantoor van die Palestynse groep gesetel is. Die weermag sê hulle het die aanval spesifiek uitgevoer om die senior leierskap van Hamas te teiken, sonder om te sê waar die aanval plaasgevind het. Die gewapende vleuel van die Palestynse militante groep, Hamas het intussen verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n skietaanval in Jerusalem gister waarin ses mense dood is.
Israel teiken senior Hamas-leiers in Doha, Katar