# Israeliese lugaanvalle het gister die suidelike voorstede van Beiroet, die hoofstad van Libanon, getref en duisende mense moes inderhaas vlug. Reuters berig die Israeliese weermag het ten minste tien aanvalle in die gebied, bekend as Dahiyeh, uitgevoer nadat ontruimingswaarskuwings uitgereik is. Die Israeliese weermag het gesê hy beplan om ondergrondse hommeltuig-fabrieke aan te val wat met opset in die hartjie van die burgerlike bevolking gevestig is. Die weermag sê Hezbollah vervaardig duisende hommeltuie daar en beweer Iran het die leiding verskaf en dit befonds.
Israel teiken hommeltuig-fabrieke in Libanon