# President Donald Trump sê Israel het ingestem tot ʼn skietstilstand van 60 dae in Gaza. Hy sê op Truth Social hulle werk saam met alle partye om die oorlog te beëindig, maar het nie uitgebrei oor die voorwaardes nie. Hy het bygevoeg Katar en Egipte sal die finale voorstel indien en het hoop uitgespreek dat Hamas dit sal aanvaar. Trump vergader volgens plan volgende week met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu. Sowat 50 Israelse gyselaars is nog in Gaza en 20 van hulle leef moontlik nog.
Israel stem in tot skietstilstand van 60 dae in Gaza