Skip to content

Israel se veilligheidskabinet keur Netanyahu se plan om Gazastad te beset goed

# Israel se veiligheidkabinet het die eersteminister Benjamin Netanyahu se plan om Gazastad te beset, goedgekeur. Israel het Gaza ten volle beset nadat dit in die 1967-oorlog ingeneem is, maar het in 2005 onttrek. Die Netanyahu se kantoor sê die Israelse weermag sal voorberei om beheer oor die stad oor te neem terwyl humanitêre hulp aan die inwoners buite die gevegsones verskaf sal word. Die Israelse weermag het planne uiteengesit oor hoe die oorlog beeïndig moet word. Dit sluit in die ontwapening van Hamas, die teruggee van alle gyselaars – lewend en oorlede, en die demililtarisasie van die Gaza-strook.