# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê die land se groeiende uitvoersyfers versterk sy posisie as ʼn leier in verdediging-tegnologie. Israel se verdediging-uitvoere het ʼn 2025 ʼn rekord bedrag van 314-miljard-rand beloop. Dit is die vyfde jaar van groei, het binne vyf jaar meer as verdubbel en in ʼn dekade meer as vier keer toegeneem. Die groei word hoofsaaklik aangedryf deur missiel-, vuurpyl- en lugafweerstelsels. Katz sê omdat Israel sedert Oktober 2023 op talle fronte in oorlog gedompel is, het hy geleentheid om die wêreld te wys dat sy stelsels doeltreffend is in oorlogvoering.
Israel sê uitvoersyfers weerspieël internasionale vertroue in sy verdediging