# Die Israelse Weermag beweer hy het ‘n senior Iranse bevelvoerder in ‘n aanval op die stad Qom doodgemaak. Volgens die weermag het Saeed Izadi gehelp om Hamas se aanval op 7 Oktober 2023 in die suide van Israel te beplan. Ongeveer duisend-200 mense is dood en baie ander as gyselaars na Gaza geneem. Die weermaghoof, Eyal Zamir, het gister gesê Izadi het die bloed van duisende Israeli’s op sy hande en het die moorde as ‘n reuse intelligensie- en operasionele deurbraak bestempel. Iran moet nog Izadi se dood bevestig en het voorheen sy betrokkenheid by die Hamas-aanval ontken.
Israel sê hulle het Iran se militêre koördineerder met Hamas doodgemaak