#Israel se nasionale lugredery El Al het weens die voortslepende konflik tussen Israel en Iran alle vlugte tot ten minste 19 Junie opgeskort, met bykomende kansellasies na baie Europese stede tot 23 Junie. Die lugdiens het vroeër alle vlugte tot 17 Junie gekanselleer, met die land se lugruim wat steeds gesluit is. El Al sê sodra hy toestemming kry, sal hy alles in sy vermoë doen om soveel moontlik Israeli’s huis toe te bring. Intussen het die Nasionale Veiligheidsraad van Israel gewaarsku teen reise na Israel Egipte en Jordanië, al is die twee lande se grense oop.
Israel se El Al kanselleer alle vlugte