# ‘n Hospitaal in die suide van Israel en twee dorpe naby Tel Aviv is vanoggend deur ‘n groot aantal Iranse missiele getref. Reddingswerkers berig minstens 47 mense is in die jongste aanvalle beseer. Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, waarsku dat Iran “‘n duur prys sal betaal” ná die aanval op die Soroka-hospitaal in Beersheba, terwyl die minister van Verdediging, Israel Katz, gesê het die leër is opdrag gegee om sy aanvalle op Iran te vermeerder. AFP-beeldmateriaal toon hoe rook borrel uit die hospitaalkompleks waar soldate behandel word wat in Gaza gewond is.
Israel gee opdrag vir nog aanvalle op Iran nadat missiele hospitaal in suide van Israel tref