Skip to content

Israel en Vredesraad stel werksgroepe saam oor ontwapening en openbare gesondheidskwessies in Gaza

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, se kantoor sê ʼn ooreenkoms is met die Amerikaans-geleide Vredesraad bereik om twee werksgroepe te stig. Dit volg na ʼn ontmoeting wat Netanyahu gister met Amerika se gesant en president Donald Trump se skoonseun, Jared Kushner, gehad het. Netanyahu se kantoor sê die eerste werksgroep sal op ontwapening en demilitarisering van Gaza fokus. Israel en die Vredesraad is albei vasbeslote dat dit afgehandel moet wees voordat enige heropbou kan plaasvind. Hy sê die tweede werksgroep sal kyk na sanitasie, skoon water en ander openbare gesondheidskwessies.