# Israel het Palestyne beveel om dele van Noord-Gaza te ontruim voor verhoogde militêre optrede, terwyl president Donald Trump druk uitoefen vir ‘n skietstilstandooreenkoms. Mense in woonbuurte reg oor Gaza-stad en Jabalia is aangesê om suidwaarts te beweeg na die kusgebied van al-Mawasi namate Israelse militêre operasies verskerp en weswaarts uitbrei. Volgens Hamas se ministerie van Gesondheid is ten minste 86 mense dood in Israelse aanvalle in die 24 uur tot gistermiddag. Trump het vroeër die hoop uitgespreek vir ‘n skietstilstand die week.
Israel beveel die ontruiming van noordelike Gaza terwyl Trump druk vir wapenstilstand