Skip to content

Islamitiese Staat aanvaar aanspreeklikheid vir dood van 29 mense in Noordoos-Nigerië

# Die Islamitiese Staat het aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n dodelike aanval in die noordoostelike Adamawa-staat in Nigerië. Owerhede sê militante het op ‘n sokkerveld in Guyaka afgestorm en lukraak begin losbrand. Minstens 29 mense het gesterf. Die staat se goewerneur, Ahmadu Umaru Fintiri, veroordeel die aanval en sê dit sal nie ongestraf bly nie. Hy het beloof om veiligheidsoperasies te verskerp om vrede te herstel. Die jongste aanval volg terwyl ‘n veiligheidskrisis in Nigerië toenemend onder die loep is met die algemene verkiesing wat oor minder as ‘n jaar plaasvind.