# Die Iranse president, Masoud Pezeshkian sê sy land sal nie sy kernprogram staak of sy reg op ‘n burgerlike kernprogram, prysgee nie. In ‘n telefoonoproep met die Franse president Emmanuel Macron het Pezeshkian glo gesê Iran is gereed om waarborge te verskaf sodat sy kernprogram vetrou kan word. Hy sê die program sal nie deur dreigemente of oorlog gestaak word nie. Iran se amptelike IRNA-nuusagentskap sê Pezeshkian het vir Macron gesê Iran se reaksie op voortgesette Israelse aanvalle sal meer verwoestend wees.
Iranse president sê land sal nie kernprogram staak nie