Skip to content

Iranse minister sê Amerika moet aanvalle uitskakel voor nuwe onderhandelings plaasvind

# Teheran se adjunkminister van Buitelandse Sake, Majid Takht-Ravanchi, sê Amerika moet enige verdere aanvalle op Iran uitskakel as hy diplomatieke onderhandelings wil hervat. Die Trump-administrasie het vir Iran gesê hy wil weer onderhandel, maar het nie sy posisie oor aanvalle tydens onderhandelings uitgestippel nie. Amerika het verlede naweek regstreeks by die konflik tussen Israel en Iran betrokke geraak toe hy drie Iranse kernaanlegte gebombardeer het. Takht-Ravanchi het ook gesê Iran sal “aandring” om uraan te verryk vir wat hy as vreedsame doeleindes bestempel.