# Die Iranese opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, sê ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n kernooreenkoms is teen die nasionale belang, te midde van ernstige verskille oor uraanverryking deur Teheran. Die aartsvyande het sedert April vyf keer ontmoet om ‘n ooreenkoms te sluit om die een te vervang wat die Amerikaanse president Donald Trump tydens sy eerste termyn in 2018 gekanselleer het. Khamenei het in ‘n televisietoespraak gesê die jongste Amerikaanse voorstel is heeltemal teen die ideale van die Islamitiese rewolusie van 1979.
Iranese opperleier sê VSA-voorstel oor kernverdrag is teen die land se belange