# Iran dreig om wraak te neem na wat hy Amerika se blatante skending van die skietstilstand noem. Amerika het Maandag “selfverdedigingsaanvalle” in die suide van Iran uitgevoer op bote wat seemyne probeer lê, en missielafvuur-terreine in die Hormozgan-streek wat ʼn kusgebied in die Straat van Hormoes het. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê hy sal geen daad van aggressie onbeantwoord laat nie en nie huiwer om die land se soewereiniteit te verdedig nie.
Iran waarsku Amerika se jongste aanvalle sal nie ongestraf bly nie