# Die Israelse weermag sê Iran het ‘n nuwe vlaag missiele op die land afgevuur. Die weermag het in ‘n verklaring gesê verdedigingstelsels is opgestel om die bedreiging te onderskep en die publiek opdrag gegee om in veilige ruimtes te bly tot verdere kennisgewing. Die nuwe vlaag missiele is die eerste wat Iran afgevuur het sedert die VSA se aankondiging dat hulle Iran se kernfasiliteite aangeval het. Intussen het Iran se minister van Buitelandse Sake die aanvalle veroordeel en gewaarsku dat dit “ewigdurende gevolge” sal hê. Abbas Araghchi sê Iran “hou alle opsies oop om sy soewereiniteit, belange en mense te verdedig”.
Iran vuur eerste missiele op Israel af sedert Amerikaanse aanvalle