# Die Iranse president Masoud Pezeshkian sê sy land het ‘n diep geskiedkundige wantroue in die Amerikaanse regering. Die twee weke lange skietstilstand tussen Teheran en Amerika eindig môre, sonder dat dit moontlik verleng word. Pezeshkian kritiseer wat hy destruktiewe en teenstrydige seine van Amerikaanse amptenare genoem, en sê die nakoming van verpligtinge is die basis van betekenisvolle dialoog. Hy sê oorlog bevoordeel niemand nie, en elke rasionele en diplomatieke roete moet gebruik word om spanning te verminder.
Iran se president sê hulle het diep wantroue in die Amerikaanse regering