# Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit “onherstelbare skade” in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump dring aan op Iran se “onvoorwaardlike oorgawe”, terwyl hy gespog het dat Amerika Khamenei kan doodmaak en ook spekulasie aanwakker oor ‘n moontlike ingryping. Khamenei, wat sedert 1989 aan bewind is, het vroeër belowe dat sy land geen genade teenoor Israel se leiers sal betoon nie.
Iran se opperleier sê sy land sal nooit oorgee soos wat Trump eis nie