# Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wag sê die Straat van Hormoes sal onveilig bly as wat hy noem “Amerikaanse aggressie” in die Midde-Ooste voortduur. Dit volg nadat Washington en Teheran vir ‘n negende agtereenvolgende dag wedersydse aanvalle uitgevoer het. Die groep beweer twee tenkskepe, wat nie aan die vereistes voldoen nie is aangeval, nadat hulle probeer het om die Straat van Hormoes in Oman se gebiedswater oor te steek. Hy het gewaarsku die belangrike waterweg sal onveilig bly vir die vervoer van petrochemiese produkte, met nie ‘n druppel olie of gas wat deurgelaat sal word nie.
Iran sê nie ‘n druppel olie of gas sal deur Hormoes gaan indien Amerikaanse aggressie voortduur nie