Skip to content

Iran se minister van Buitelandse Sake sê oorlog is nie heeltemal verby voor Israel uit Libanon onttrek nie

# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, waarsku enige voortgesette teenwoordigheid van Israel in Libanon is ʼn skending van die memorandum van verstandhouding tussen Teheran en Amerika wat na verwagting Vrydag onderteken word. Libanon is vroeg in Maart by die konflik betrek toe die Iran-ondersteunde Hisbolla vuurpyle op Israel afgevuur het na die dood van Iran se opperleier. Israel het gereageer met aanvalle op Libanese grondgebied. Araghchi sê hulle het van die begin af gesê die einde van die oorlog in Libanon is ʼn voorvereiste vir ʼn einde aan die oorlog met Iran.