Skip to content

Iran sê militêre instelling was teiken nadat Israelse hospitaal getref is

# Iran sê die hoofteiken van die missielaanval wat ‘n hospitaal in suidelike Israel getref het, was ‘n Israelse militêre- en intelligensiebasis en nie die gesondheidsfasiliteit nie. ‘n Hospitaal en twee dorpe naby Tel Aviv is deur ‘n groot aantal Iranese missiele getref, met Israelse reddingswerkers wat 47 beseerdes in die aanvalle aangemeld het. Iran sê die hospitaal was slegs aan die ontploffings se golf blootgestel en dat die presiese en direkte teiken die miltêre fasiliteit was.