Skip to content

Iran sê jongste Amerikaanse sanksies ondermyn kanse vir diplomatieke oplossing vir oorlog

# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika se jongste sanksies maak ʼn diplomatieke oplossing vir die oorlog onwaarskynlik. Die Amerikaanse Tesourie se kantoor vir beheer oor buitelandse bates het verlede week sanksies ingestel teen twee digitale bate-uitruilings en die leier van ʼn netwerk van frontmaatskappye. Dit word volgens berigte deur die Iranse regime gebruik vir geldwassery, ontduiking van sanksies en ondersteuning aan die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps en ander terroristegroepe. ʼn Woordvoerder van Iran se ministerie van Buitelandse Sake, Esmaeil Baqaei, sê Teheran het oor dekades bewys hy gaan nie deur sanksies gekniehalter word nie.