# Iran se Weermag waarsku dat Israel en Amerika gaan betaal vir die aanvalle op sy kernaanlegte. Dit was deel van Israel se Operasie Rising Lion waarin die personeelhoof van Iran se Weermag, Mohammad Bagheri, en die leier van die paramilitêre Revolusionêre Wag, Hossein Salami, dood is. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê sy land was nie betrokke nie, maar Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê sulke aggressiewe optrede kon nie sonder koördinering en goedkeuring van Amerika plaasvind nie.
Iran sê Israel en Amerika gaan betaal vir die aanvalle op sy kernaanlegte