# Iran en Amerika bly koppe stamp oor pogings om oorlog in die Golf permanent te beëindig. ‘n Senior Iranse bron het aan Reuters gesê daar was geen vordering in gesprekke om Junie se tussentydse ooreenkoms te laat herleef of met pogings om ‘n tydsraamwerk vir inwerkingstelling te bepaal nie. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Iran se leiers weereens gekritiseer het. Die Persiese Golfstraat-owerheid, wat Iran gevestig het om die waterweg te bestuur, sê dit bly versper totdat Iran se voorwaardes aanvaar is.
Iran sê daar is geen vordering gemaak om die tussentydse vredesplan met Amerika te laat herleef nie