Skip to content

Iran sê Amerika is regstreeks verantwoordelik vir Israel se skietstilstand-skendings

# Iran se Ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika is regstreeks verantwoordelik vir die huidige skietstilstand-skendings, aangesien Israel se optrede nie geskei kan word van Amerikaanse beleide nie. Israel en Iran val mekaar sedert die naweek aan, die eerste keer dat hulle mekaar se grondgebied teiken sedert die skietstilstand twee maande gelede in werking getree het. Woordvoerder Esmaeil Baghaei sê voorvalle die afgelope 24-uur sal die reeds gespanne diplomatieke proses met Amerika verder ontwrig.