# Iran sê hy het reageer op Amerika se voorstel om die oorlog te beëindig. Die memorandum van verstandhouding bestaan glo uit een bladsy met 14 punte wat voorstel die Straat van Hormoes word heropen terwyl ʼn raamwerk opgestel word vir verdere beraadslaging oor Teheran se kernprogram. Pakistan as die bemiddelaar het bevestig die voorstel is aan president Donald Trump se administrasie oorhandig. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die oorlog sal voortgaan solank Iran ʼn voorraad hoogs verrykte uraan het wat gebruik kan word om kernwapens te vervaardig.
Iran reageer op Amerika se voorstel om oorlog te beëindig