Skip to content

Iran lê beslag op skepe in Straat van Hormoes nadat Trump aanvalle staak

# Iran het op twee skepe in die Straat van Hormoes beslag gelê en sy greep op die strategiese waterweg versterk, nadat die Amerikaanse president Donald Trump aanvalle onbepaald afgelas terwyl daar geen teken is van ‘n hervatting van vredesgesprekke nie. Die Tasnim-nuusagentskap in Iran berig die Rewolusionêre Wagte het op twee skepe vir maritieme oortredings beslag gelê en hulle na Iranse kus begelei. Dit is die eerste keer dat Iran op skepe beslag lê sedert die begin van die oorlog. Die VSA het Saterdag op ‘n Iranse vragskip beslag gelê en gister aan boord gegaan van ‘n groot Iranse olietenkskip in die Indiese Oseaan.