# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê hulle het ‘n ooreenkoms met Oman bereik oor die geografiese eienskappe van ‘n skeepsroete in die Straat van Hormoes. Kommersiële verkeer deur die Straat is erg ontwrig, met slegs agt skepe wat Maandag deurgegaan het. Dit is in vergelyking met ongeveer 130 skepe per dag voordat die VSA-Israel-oorlog teen Iran in Februarie uitgebreek het. Die ministerie sê die ooreenkoms alleen kan, terwyl ‘n Amerikaanse vlootblokkade en “ander aggressiewe en dreigende optrede” van krag bly, nie veilige deurgang deur die Straat waarborg nie.
Iran en Oman kom ooreen oor geografiese kenmerke van ‘n skeepvaartroete in die Straat van Hormoes