Skip to content

Iran beloof om die Seestraat van Hormoes met sy volle mag te beskerm

# Iran se Weermag waarsku hy sal Amerikaanse magte aanval as hul die Seestraat van Hormoes binnedring. Dit volg nadat president Donald Trump aangekondig het die Amerikaanse Weermag sal van vandag gestrande skepe deur die knelpunt lei. Die Iranse bevelvoerder, Ali Abdollahi, sê enige Amerikaanse poging in die seestraat sal as ‘n skending van die skietstilstand beskou word. Hy voeg by Teheran sal die roete met sy volle sterkte beskerm, aangesien veilige deurgang altyd met sy Weermag gereël en beheer moet word.