# President Masoud Pezeshkian van Iran het vandag ‘n wet wat verlede maand deur die Parlement aangeneem is, bekragtig, om samewerking met die VN se kernwaghond op te skort. Iranse staatsmedia berig die wetsontwerp bepaal enige toekomstige inspeksie deur die Internasionale Atoomenergieagentskap moet eers deur die Opperste Nasionale Veiligheidsraad goedgekeur word. Die stap volg ná ‘n lugoorlog met Israel waarin hy gesê het hy wil Teheran verhoed om ‘n kernwapen te ontwikkel. Iran sê die Agentskap het geweier om die aanval op sy kernaanlegte te veroordeel, wat sy geloofwaardigheid in twyfel trek.