Skip to content

Inwonersvereniging van Lotus, Atteridgeville en Saulsville betoog oor dienslewering

# Die inwonersvereniging van Lotus, Atteridgeville en Saulsville ruk vandag op na Tshwane-huis in Pretoria. Die vereniging se leier, Tshepo Mahlangu, sê hulle wil beter dienslewering hê, en dat die aansoeke vir skuldverligting wat die Stad Tshwane afgekeur het, aanvaar word. Die groep kom tienuur by die Ou Putco-depot in Marabastad bymekaar en beweeg na Tshwane-huis. Hulle sal na verwagting teen tweeuur uiteengaan.