Skip to content

Inwoners Baagi Civic Movement beloof om Tshwane vandag tot stilstand te bring

# Die Inwoners Baagi Civic Movement en verskeie ander organisasies het beloof om Tshwane vandag tot stilstand te bring oor voortdurende diensleweringsprobleme. Die betogers gaan by Marabastad byeenkom en na Tshwane-Huis  marsjeer om ‘n versoekskrif in te dien oor sake soos hoë elektisiteitstariewe, vals fakture, swak afvalbestuur, die tekort aan water en die ongereelde voorsiening van elektrisiteit. David Ratladi van die beweging vra die munisipaliteit om verantwoordelikheid te aanvaar vir die aanhoudende dienslewerings-mislukkings.