# Die Internasionale Strafhof het nuwe Amerikaanse sanksies teen sy regters en aanklaers verwerp. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nuwe sanksies ingestel teen twee regters en twee aanklaers van die hof vir hul pogings om Amerikaanse en Israeliese burgers te vervolg. Die ISH sê die sanksies is ‘n blatante aanval op die onafhanklikheid van ‘n onpartydige geregtelike instelling, wat ingevolge die mandaat van 125 staatspartye uit alle wêrelddele bedryf word. Hy voeg by hy sal onverskrokke voortgaan om sy mandaat te vervul, in ooreenstemming met sy wetlike raamwerk.
Internasionale Strafhof verwerp nuwe VSA sanksies teen sy regters en aanklaers