# Die Internasionale Strafhof het Israel se versoek verwerp dat lasbriewe teen eerste minister, Benjamin Netanyahu en voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant, teruggetrek word. Die hof het in November verlede jaar lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik vir Netanyahu, Gallant en ʼn Hamas-leier, Ibrahim al-Masri, vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Gaza. Die lasbrief teen Al-Masri is in Februarie teruggetrek na geloofwaardige berigte van sy dood. Die hof verwerp ook Israel se versoek om sy groter ondersoek na vermeende misdade in die Palestynse gebiede op te skort.
Internasionale Strafhof verwerp Israel se versoek om lasbriewe vir Netanyahu en Gallant terug te trek