Skip to content

Internasionale Strafhof reik lasbriewe uit vir Taliban-leiers oor onderdrukking van vroue

# Die Internasionale Strafhof het lasbriewe uitgereik vir senior Taliban-leiers in Afghanistan oor die onderdrukking van vroue. Die regters het in ‘n verklaring gesê daar was “redelike gronde” om te vermoed dat die Opperleier Haibatullah Akhundzada en hoofregter Abdul Hakim Haqqani hierdie misdade teen die mensdom gepleeg het. Die hof sê die beweerde misdade word sedert Augustus 2021 gepleeg toe die Taliban die mag oorgeneem het en vrouens die reg tot onderwys, privaatheid en gesinslewe asoos die vryhede van beweging, uitdrukking, denke, gewete en geloof ontneem het.