Skip to content

Internasionale Strafhof hoor in September oorlogsmisdaadklagtes teen Joseph Kony aan

# Regters in die Internasionale Strafhof sal in September die oorlogsmisdaadklagtes teen die voortvlugtige Ugandese krygsheer, Joseph Kony aanhoor. Dit sal die eerste keer in hierdie hof se geskiedenis wees dat die verhoor om aanklagte te bevestig in absentia gehou sal word, aangesien Kony steeds ‘n voortvlugtige is. Hy word aangekla van 39 oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, wat na bewering tussen Julie 2002 en Desember 2005 in Noord-Uganda gepleeg is. Kony het Uganda se wreedste rebellegroep, die Lord’s Resistance Army, in die 1980’s gestig en gelei.