# Die Internasionale Maritieme Organisasie het sy pogings opgeskort om skepe en meer as elf-duisend seevaarders te ontruim wat in die Seestraat van Hormoes gestrand is. Dit volg nadat ‘n vragskip wat deur die roete beweeg het, suidoos van die Omanse hawe Dahit aangeval is. Die vaartuig was nie deel van die organisasie se ontruimingsplan nie. Die hoof van die organisasie, Arsenio Dominguez, sê die tydelike opskorting is om verder te bevestig dat al die nodige veiligheidsmaatreëls getref is vir skepe op die ontruimingslys en in die Midde-Ooste.
Internasionale Maritieme Organisasie skort ontruiming in Straat van Hormoes op