Skip to content

Internasionale Energie-agentskap sê hernubares gaan steenkool verbysteek as wêreld se grootste elektrisiteitsbron

# Hernubare bronne sal na verwagting reeds vanjaar of teen 2026 steenkool verbysteek as die wêreld se grootste bron van elektrisiteit. Dit is volgens die Internasionale Energieagentskap se halfjaarlikse verslag vir 2025. Die vraag na elektrisiteit sal vanjaar met 3,3-persent styg en teen 2026 met 3,7-persent. Dis meer as twee keer so vinnig soos die totale groei in energie-aanvraag oor dieselfde tydperk. Die agentskap sê die bestendige toename in gas-aangedrewe kragopwekking sal steeds voortgaan om steenkool en olie in talle streke vervang.