# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hulle het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke genader om die omvang van ‘morele bedrog’ oftewel vals transformasie te bespreek. Makone Maja van die Instituut sê vals transformasie is ‘n stelsel van beleide en praktyke wat korrupsie verskans, staatsinstellings uitgehol en openbare dienste verwoes het. Sy sê dit is geen toeval nie dat die optrede van kaders, skelms en bondgenote nou die fokus is van beide die Madlanga-kommissie en die Spesiale Ondersoekeenheid se Tembisa-hospitaalondersoek:
Instituut vir Rasseverhoudings nooi SARK uit om vals transformasie in SA te takel [KLANK]
ENG MajaOnSACC