# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se onlangse kabinetskommeling sal nie Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings verbeter nie, tensy dit met beleidshervorming gepaard gaan. Die organisasie waarsku die aanstelling van nuwe ministers sonder om die bestaande beleidsraamwerk te verander sal nie werkloosheid onder die jeug, ekonomiese groei verbeter of beleggings verhoog nie. Anlu Keeve van die instituut sê die land se ekonomiese uitkomste het vir jare swak gebly weens onveranderde beleidsrigtings, en ten spyte van veranderings in leierskap.
Instituut vir Rasseverhoudinge sê nuwe ministers met dieselfde beleid sal dieselfde resultate oplewer