Skip to content

Instituut vir Rasseverhoudinge oorhandig versoekskrif met 17 000 handtekeninge teen rassewette [KLANK]

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering moet fokus op beleide wat dit makliker maak vir ondernemings om werkers aan te stel. Die organisasie het ‘n versoekskrif met meer as 17-duisend handtekeninge aan die Departement van Indiensneming en Arbeid oorhandig, om ‘n einde aan rasgebaseerde wette te eis. Makone Maja van die instituut waarsku rasgebaseerde wette ontmoedig beleggings en vererger werkloosheid, wat nou tot 33,2-persent gestyg het:

ENG MajaOnPetition