# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hulle betrek gesondheidsorgorganisasies om die impak beter te verstaan, van gesondheidsorgpersoneel wat Suid-Afrika verlaat. Die organisasie sê meer as 125-duisend gesondheidsorgwerkers het die land tussen 2013 en verlede jaar verlaat, wat bykomende druk op die gesondheidstelsel plaas. Makone Maja van die instituut sê die besprekings sal help om planne te ontwikkel om opgeleide gesondheidsorgwerkers te behou en die verlies van talent na ander lande te verminder.
Instituut vir Rasseverhoudinge bekommerd oor gesondheidsorgpersoneel wat Suid-Afrika verlaat